Ma's wat oor 'n afstand hul kinders moet liefhe.

Ek het gister in Estoril Books geloop en toe sien ek 'n boek " A Mother Apart" deur Sarah Hart en toe weet ek. Dis destiny, fate. Hierdie boek is vir my gestuur op die perfekte tyd in my lewe. Want sien. Ek is 'n "Ma Apart van my kinders" weens omstandighede wat so kompleks is dat 'n mens dit moeilik kan verduidelik. En ek weet daar is nog vrouens soos ek. En ons MOET mekaar vind. Want ons het mekaar bitter nodig. Want 'n "Mother Apart" is een van die moeilikste konsepte om te verstaan en daar is soveel misverstande en stigma's om te oorkom dat 'n mens gereeld wil opgee. Dis waarvoor hierdie site is: sodat ons NIE opgee nie. Kom deel jou storie hier. Kom ons kuier 'n bietjie oor koffie en praat mekaar moed in.  As jy my wil kontak, my email adres is [email protected].


Ma's wat weet van selfone, telefone, Skype, eposse, fakse en poskaarte.

Elke tweede aand of so Skype ek my kinders. Die gesiggies verskyn via Web-cam en ek kan sien hoe beduie hulle terwyl hulle stories vertel van die dag.
Picture
Jan-Meyer (11)
My seun, Jan-Meyer is elf jaar oud. Hy is mal oor sokker, skaak, motors en ........ het ek genoem motors? Die meeste van ons Skype-gesprekke gaan oor die pouses in die skooldag en hoe hy sokker gespeel het. Ander topics sluit in skaak-wedstryde of 'n periode na periode verslag van klasse en inhoud. Gewoonlik na hy van sy dag vertel het, vra hy hoe my dag was. En dan vertel ek maar so 'n bietjie van skoolgee, stoute kinders en my rustige laatmiddae. Gewoonlik verveel my stories hom gou-gou.Baie keer ontaard die gesels en begin hy gesigte trek vir die webcam, snaakse geluide maak of rondspring. Hy IS immers 'n seun!
Picture
Sunet (9)
My dogtertjie, Sunet, wil gewoonlik eers weet van my dag. Ek het agterkom sy "ontdooi" eers as sy van my wereld gehoor het en weer "onthou" wie ek is. Elke dag neem dit haar 'n tydjie om oor te skakel van haar wereld na "ons wereld". Na so 'n paar minute is sy weer "saam" met my in die kamer en dan begin die stories vloei. Meestal ook maar oor pouses en speletjies en maatjies en gereeld oor 'n val en 'n bloei en 'n stamp. Soms oor cute seuns. Gereeld is daar ook stories oor haar middae en fantasie-speletjies en fantasie-maatjies. Soms begin sy so diep in haar stoel sit en gesels dat ons amper van tyd vergeet.