Kinders vertel bietjie oor swaeltjie-kinders wees.........

Picture
My seun vertel:
Ek het al gewoond geraak daaraan omdat ek van kleins af my ouers al om die beurt sien. Die ryery tussen Potchefstroom en Johannesburg raak nogals erg. My skaaktoernooie maak partykeer dat ek my ma minder sien. Die lekker deel is dat 'n mens in twee plekke kan bly en meer dinge sien: daar is byvoorbeeld baie meer karre in Johannesburg maar ek kan my fiets ry in Potchefstroom. My ma se skool gaan nou help dat sy meer naweke kan kom kuier vir ons ook.
My dogter vertel:
Ek hou daarvan om 'n swaeltjie te wees want "you get the best of both worlds." In Johannesburg is daar flieks en baie dinge om te doen. In Potchefstroom is dit lekker rustig. Op die oomblik werk die Skype-telefoon nie so lekker nie. Wanneer dit wel werk, is dit lekker om so te gesels. My ma kom ook soms in Potchefstroom bly en dis lekker.

Picture
Die wonder van tegnologie