A healthy woman is much like a wolf: robust, chock-full, strong life force, life-giving, territorially aware, inventive, loyal, and roving."

Goed, toegee........ek spring bietjie rond met die natuur-metafore en simboliek hier...... Die vorige bladsy was ek disrespectful teenoor die gorillas en nou wil ek 'n wolf wees. Die simboliek van 'n wolf en spesifiek 'n ma-wolf is net so treffend. Dis 'n ma met 'n "Bietjie Meer Tande" en dis nie 'n "nice" ma nie- in kontras met 'n dierbare gorilla of iets anders snoesig. Ma's moet inventive wees en robust. Dit help nie ons is net "nice" en "cuddly" nie. Baie van die besluite wat ons moet neem is moeilik besluite en ons moet baie meer in touch met ons intuisie wees en baie meer in touch met die "kollektiewe bewussyn" van vrouens in die wereld en vrouens oor die eeue. Ek het die afgelope ruk weer gedink aan die groot hoeveelheid bediendes in ons land se konteks wat oor die jare heen weg moes gaan van hulle gesinne in die rural areas en kom werk het in die stad : "inwoon-bediendes". Daardie ma's moes baie baie moeilike besluite neem en daar kon nie 'n dag verbygegaan het wat hulle nie hulle eie kinders gemis het nie. Maar it had to be done. En baie van hulle het dit reggekry om hul moedersinstinkte uit te leef en die "wit kinders' ongelooflik mooi opgepas en vertroetel en ge-nurture. Daar is nog hoegenaamd nie genoeg dankie gese vir daardie geslag vrouens nie. Glad nie. Wat is my punt? Daar is baie ma's wat besluite moes neem wat teen hulle "instinkte" moes ingaan en langtermyn-besluite moes neem wat die langtermyn voordele van hulle kinders in ag moes neem bo die kort-termyn luukse daarvan om elke dag by hulle kinders te wees. Nog 'n gerusstellende gedagte is dat die konsep van surrogaat-moeders- in die geval van daardie bediendes het hulle ma's en ander vrouens in die statte na die kinders omgesien. In my geval het ek opgelet dat daar altyd ander vrouens is wat instaan en help oppas en sorg. En nie altyd met die motief dat my ex 'n "catch" is nie. Dit is vir my baie swaar om te weet dat daar wel vrouens in die dorp waar my kinders woon sal wees wat dink ek is 'n evil mother wat nie by haar kinders is nie. Ek het besluit om daardie issue so rasioneel as moontlik te nader. Die punt is: my kinders word ondersteun. En die ander ding is: ek weet wat ek weet. Ek weet dat ek in my konteks die beste doen wat ek kan. Elke ma weet. Elke ma weet of sy haar beste doen. En dan moet 'n ma kierstregop stap: met vertrou en heeltemal daardie instink vertrou. 'n Ma WEET.

WOMEN WHO RUN WITH THE WOLVES CLARISSA PINKOLA ESTES

Picture
Bewys jouself 'n guns. Lees "Women Who Run With The Wolves" deur Clarissa Pinkola Estes. Ons moderne vrouens is soekend, gevul met vrae oor baie moelike besluite en ons so out of touch met ons eie instinkte/intuisie dat ons desperaat gryp na tydskrifte. Hoeveel van ons het nie antwoorde gaan soek in O-magazine, Moederskap, Baba&Kleuter, The Cosmopolitan: soms loop ons wysheid raak maar MEESTAL kom ons agter: ek het eintlik geweet. En DIS daardie deel van ons wat hierdie boek vrouens aanmoedig om weer "in tune" te raak met daardie "eintlik het ek geweet" - deep down. GENIET DIT! En onthou: boeke kan by biblioteke uitgeneem word: jy HOEF nie die boek te koop nie :)