WAT?? Jou kinders is NIE by JOU nie???

Die moeilikste deel daarvan om ver weg van jou kinders te wees is OM VER WEG van jou kinders te wees. Die tweede moeilikste deel is om aan ANDER mense te verduidelik HOE dit gebeur het. En dan, iewers, op 'n stadium begin jy ook vergeet en moet jy keer op keer aan jouself weer verduidelik hoekom. Want die pyn, die skuld, die vrae en die verwyte bou so op in jou kop en jou lyf en jou hart dat jy ook die oorspronklike redes begin vergeet en jy vind jouself verdwaal en verlore en daar kom 'n dag wat jy voel jy wil net wegkruip. Van ander en gesprekke met ander en van jouself en jou weerkaatsing in die spieel. Want HOE KON JY? Hoe kon jy dit toegelaat het? Hoe kon jy dit laat gebeur het??  DINK 'N BIETJIE AAN JOU STORIE EN KYK OF JY KAN TERUGGAAN NA DIE OORSPRONKLIKE REDES....... DIE GEBEURE........ IS JY REGTIG SO SKULDIG SOOS JY DINK JY IS!!?? OF HET JY IN DAARDIE KONTEKS EINTLIK JOU KINDERS SE BELANGE EERSTE GESTEL HET BO JOU BELANGE? In plaas daarvan om skuldig te voel verdien jy dalk 'n "welgedaan"! Indien NIEMAND dit nog vir jou gese het en indien jy dit nog nie vir jouself gese het nie, sal ek dit nou vir jou se: WELGEDAAN! JY VERDIEN 'N MEDALJE.

PYN-GEDAGTE

Picture
Mothers apart experience a double whammy. We face the judgment of the outside world, usually the actual responses from the people we come into contact with and what we read and hear in the media, and we are also judged by our 'inside" world.






Sarah Hart in "A mother apart" spreek hierdie issues aan in hoofstuk 1 van haar boek en sy verdeel die kwessies:
1. Outer judgement
a) Stereotyped motherhood
b) The universal mother dump
c) Strong judgements from people you meet
2. Inner judgement
a) Guilt
b)Shame
c)Secrets we keep and how we suffer
d) Wanting to be forgiven

Stereotipes rondom ma-wees, "moederskap", was nogal altyd vir my interessant, maar het die afgelope paar maande vir my baie meer significant geword. Na my mening en uit my ondervinding die afgelope paar maande het ek baie, baie beter begin voel toe ek agtergekom het hoeveel aannames daar is oor ma-wees. Om hierdie stereotipes te kan IDENTIFISEER beteken jy kan hulle AANSPREEK en dan: JA! ONTSLAE RAAK VAN AL DIE BAGGAGE WAT SAAM MET HULLE KOM!

So, kom ons journey nou 'n bietjie deur al hierdie stereotipes. Daar is veral een boek wat ek raakgelees het vroeer vanjaar waaruit ek "snippets" sal aanhaal. Kyk of dit vir jou ook sin maak, goed?.